Geskiedenis van oscar pistorius biography
Oscar Pistorius
| Oscar Pistorius | |
|---|---|
Oscar Pistorius in 2011 | |
| Volle naam | Oscar Leonard Carl Pistorius |
| Geboortedatum | 22 November 1986 (1986-11-22) (38 jaar oud) |
| Geboorteplek | Sandton, Johannesburg |
| Beroep | Beroepsnaelloper |
Oscar Leonard Carl Pistorius (gebore 22 November1986 in Sandton, Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse gewese paralimpiese atleet en veroordeelde moordenaar. Albei sy bene is op die ouderdom van 11 maande onder die knieë geamputeer. Hy word later bekend as die "vinnigste man sonder bene" deur met spesiaal ontwerpte lemme te hardloop.
Pistorius het 'n ouer broer, Carl (gebore 17 Februarie 1985) en 'n jonger suster, Aimée (gebore 28 Februarie 1989). Sy pa is Henke Pistorius (gebore 15 Maart 1953). Sy ma, Sheila (gebore 9 Mei 1960) is op 6 Maart 2002 oorlede.
Pistorius het meegeding in die T44-afdeling (enkele amputasie onder die knie), ten spyte daarvan dat hy eintlik in die T43-kategorie (dubbele amputasie onder die kni